’n Ouma van Saldanha word sedert verlede Dinsdag vermis.

Volgens AO Yolanda Kotze, woordvoerder van Saldanha-polisie, is Hendrika de Wee (76), ook bekend as Ouma Feny, laas by haar huis in Feikstraat, Saldanha gesien.

De Wee woon alleen, maar sy het ’n versorger wat daagliks na die huis kom om na haar om te sien.

Toe die versorger op 18 Januarie weer by die huis aankom, was De Wee skoonveld. Die ouma het aan niemand gesê of sy beplan het om iewers heen te gaan nie. Meer as ’n week later is daar steeds geen nuus oor waar De Wee haar bevind nie.

. Enigiemand met inligting oor De Wee word vriendelik versoek om sers. Siyabonga Bara by 022 714 8333 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article