Die voormalige Vredenburger Horentia Cornelissen het haar nuwe boek, The journey to my runway, bekend gestel. Die boek gaan oor visie, ambisie en om doele in die lewe te bereik. Cornelissen sê die boek fokus daarop om mense aan te spoor om nooit hul drome prys te gee deur op te gee nie. “Elke stuk wat ek geskryf het, is ’n ware verhaal wat ek beleef het.” Dié mode- en sportmotor-model sê sy gaan binnekort haar loopbaan oorsee na die volgende vlak neem met ’n huldeblyk aan die Mercedes-Benz AMG-Petronas-F1-span in Engeland, wat haar so baie gemotiveer en geïnspireer het om te kom tot waar sy vandag is.


Alles Horentia se ware verhaal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article