Gemeenskapslede het hul moue opgerol om die rommel op te ruim.


’n Plek waar kinders veilig bymekaar kan kom en pret hê – dit is wat die White City-inwoner Wayne Solomons wil skep.

Solomons sê ’n oop stuk grond in White City is ’n bekende gebied vir onwettige storting, en hy wil dit graag in ’n ruimte omskakel waar kinders verskeie sportsoorte kan beoefen en kan speel.

Lede van die gemeenskap het hul moue opgerol en Woensdag 19 Januarie met ’n skoonmaakproses begin.

Solomons glo die ruimte sal kinders in die gemeenskap besig hou en uit die strate – en uit die moeilikheid – hou.

Hy sê wat dit nog meer hartseer gemaak en hom gedryf het om hierdie inisiatief te begin, is die feit dat kinders in die rommel speel – iets wat ’n groot gesondheidsrisiko inhou.

“Kinders speel gedurig in die pad, wat gevaarlik is, dus is dit ’n fantastiese idee om hierdie projek voort te sit. Groot opgewondenheid heers onder die kinders,” vertel Solomons.

Hy het Rochelle Solomon en ander wat mildelik tot die projek bygedra het, bedank vir die koeldrank en tjips wat hulle vir die kinders gegee het.

Om hierdie projek ’n werklikheid te maak en die beste vir die kinders te gee, vra Solomons die hulp van die gemeenskap en ondernemings.

Indien jy hierdie projek wil ondersteun, kontak Solomons by 061 440 3364.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article