Die Velddrif-rugbyklub het R5 000 aan Noordhoek Primêr vir die aankoop van skryfbehoeftes geskenk.
Noordhoek Primêr vra dat ouers R60 per leerder tot die aankoop van hul kinders se jaarlikse skryfbehoeftes bydra.
Daar is ouers wat nie die R60 kan bekostig nie en daarom het die Velddrif-rugbyklub besluit om geld vir hierdie verdienstelike saak in te samel. Die rugbyklub het Saterdag 22 Januarie die geld aan die skoolhoof by die Smit-sportterrein in Velddrif oorhandig.





