Ek het Vrydag 21 Januarie met ’n swaar hart na die verkeersdepartement in Vredenburg gegaan om my rybewys te laat hernu.

Minder as 20 minute later het ek met ’n huppel in my stap die gebou verlaat, met alles afgehandel. Die vriendelike dame wat my by die ingang gekry het, het sommer my vorm ook vir my ingevul. Die dames by die oogtoets-kantoor en kassiertoonbank was net so vriendelik.

Hierdie dienspunt verdien ’n volle 9/10 (as oudonderwyser gee ek nie sommer volpunte nie)! Ons is altyd so gou om te kla, maar ook net so traag om komplimente uit te deel. My innige dank dus aan die betrokkenes wat my besoek aan die dienspunt ’n plesier, eerder as ’n marteling, gemaak het.


Jan Fourie,

Hopefield

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article