Sy wou glo gaan “kop skoonmaak” by die kwekery.

Tania Uys (49) het Sondagoggend aan haar man, Henry, gesê sy gaan na haar gunstelingkwekery in Melkbosstrand ry aangesien dit altyd goed vir haar siel is.

Tania, ’n inwoner van Yzerfontein, is Sondag 30 Januarie skuins ná 11:00 op die R27-Weskuspad dood nadat haar motor sowat 1 km van die Yzerfontein-afdraai af teen ’n vragmotor gebots het.

Volgens sers. Johnatan Filander, ’n woordvoerder van die Darling-polisie, is Tania op slag dood.

Filander sê Tania het met haar motor van haar tuisdorp af op die R27 ingedraai en in die rigting van Kaapstad gery toe die botsing gebeur het.

Die vragmotor het in die aankomende baan in die rigting van Langebaan gery.

Filander het gesê videobeeldmateriaal wat uit die vragmotor geneem is, toon dat die vrou glo “volspoed” in die vragmotor vasgery het sonder om rem te trap.

Ooggetuies het dit ook bevestig.

Lees nog op bl. 2

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article