Leerders van Pomario-skool in Citrusdal het Saterdag 5 Februarie die eerste keer aan die Platteland-atletiekbyeenkoms vir hoërskole deelgeneem.

Die byeenkoms is in Piketberg gehou en die Pomario-atlete het hulle deeglik laat geld.

Die span het vier eerste plekke, ’n tweede en ’n derde beklink.

Lorenzo Smith het uitstekend gevaar met die eerste plek in spiesgooi en ’n derde plek in verspring in die afdeling vir seuns o.14. In die groep vir meisies o.14 het Elrien Liebenberg stof in die ander atlete se oë geskop deur eerste te eindig in die 400 m, 1 500 m sowel as verspring, terwyl sy ’n tweede plek in gewigstoot behaal het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article