Die organiseerders van die Bergrivier-kanomarathon is vanjaar terug.

Roeiers kan begin gereed maak vir die 61ste aflewering van die 240 km-wedvaart wat op 6 Julie begin.

Verlede jaar is die vier dae lange wedvaart deur Andy Birkett gewen terwyl sy vrou, Nikki Birkett, die eerste vroueroeier oor die wenstreep was.

Weens die inperkings­regulasies is die jaarlikse gepaardgaande Velddrif-winterkarnaval toé afgestel, wat normaalweg op die banke van die rivier gehou is om onder meer die roeiers te verwelkom.

Vir meer inligting besoek die Bergrivier-kanomarathon-webwerf, www.berg.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article