Hester Kooste het haar 92ste verjaardag Sondag 20 Februarie gevier. Dit was waarlik ’n mylpaal vir haar. Haar buurvrou Margie Bruintjies het besluit om vir Kooste ’n ontbyt in die gemeenskapstuin in Oxfordsingel, Vredenburg, te hou om haar verjaardag te vier. Kooste was omring deur haar naaste en dierbaarste vriende wat die dag saam met haar geniet het.


Kooste vier 92 goue jare

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article