Die Hoërskool Weston se matrieks van 1977 tot 1989 wat by die reünie was.


Ná twee jaar van Covid-19 en risiko’s kon die matrieks van tussen 1977 en 1989 van die Hoërskool Weston uiteindelik hul lang verwagte reünie tussen Vrydag 18 en Sondag 20 Maart in die skoolsaal hou.

Baie oudleerders het ook in dié tydperk hul lewe verloor en baie is deur die Covid-19-pandemie getref.

Die reünie-komitee, onder leiding van Julian Pieters, Glennis Dausab, Dorothy van der Merwe, Cheryl Steyn, Gavin Absolon, Nathalie van der Heever en Izak Diedericks, het egter nooit moed opgegee nie en ná meer as twee jaar van beplanning het die reünie uiteindelik plaasgevind. Meer as 140 oudleerders, van so ver as Namibië, en 20 oudonderwysers het die geleentheid bygewoon.

Die groep het R25 000 aan die skool geskenk met bydraes deur onder andere Walter Don en sy vrou, Annelien van R10 000, en Dawid Theys s’n van R5 000. Dausab sê die oudleerders het ook onderneem om vorentoe gereeld finansieel tot die skool se ontwikkeling by te dra. “Die samekoms was ’n reusesukses en planne word gemaak om die volgende reünie moontlik in 2025 aan te bied,” sê Dausab.

Die komitee wil almal bedank wat die reünie moontlik gemaak het en hulle dink aan diegene wat dit as gevolg van siekte of werksomstandighede nie kon bywoon nie.

’n Groot dankie gaan aan Vivian Brutus Kleynhans (Sever Sisters), D’Boys Liquors, Cheryl Steyn (Steyn Signage), Pick n Pay Vredenburg, André Pieters en Hananja-supermarket en Saldanhabaai-munisipaliteit vir hul tafels.

Oudleerders wat wil deel wees van die volgende reünie-saamtrek kan Julian Pieters by 073 290 7661 of Glennis Dausab by 062 589 3740 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article