Samantha Dollie, Angell Pholman, Evan-Lee Berling en Ashali Pholman presteer in atletiek.


Die jong atlete van Langebaan Primêre skool en die Langebaan-atletiekklub het Saterdag 12 Maart teen die bestes by die Wes-Kaap- laerskole-atletiek­kampioenskap deelgeneem.

Evan-Lee Berling het die dag op ’n skitterende noot begin deur ’n uitstekende tweede plek te behaal in die 1 200 m vir seuns o.10. Hy stel ook sy persoonlike beste tyd vir die seisoen op in 3 minute en 57 sekondes.

Angell Pholman was volgende aan die beurt en het nie teleurgestel nie met ’n tyd van 4 minute en 11 sekondes in die 1 200 m vir meisies o.10. Sy is as die Wes-Kaapse kampioen gekroon. Ashali Pholman het ’n skitterende derde plek behaal in die 1 500 m vir meisies o.13. Ongelukkig is Samantha Dollie gestamp, maar sy het bly terugveg tot die einde.

Pholman, Berling en Ashali Pholman is gekies vir die Wes-Kaap-span wat tussen Donderdag 24 Maart en Saterdag 26 Maart in Potchefstroom aan die SA kampioenskap gaan deelneem.

Langebaan-atletiekklub se afrigter, Christopher Rodgers, is baie trots op al sy atlete in die klub.

Hy sê sy grootste bevrediging is om te sien hoe die atlete groei as ’n mens.

“Om te sien hoe die atleet gedissiplineerd gegroei het en goeie waardes beoefen, is vir my bevredigend.”

Rodgers sê hy sien hierdie atlete eendag op die groot verhoog van atletiek.

“Ander sien ek as afrigters, administrateurs op sportgebied, verantwoordelike en gedissiplineerde volwassenes wat ’n verskil in hul gemeenskap kan maak. Hopelik kan ek dit eendag by my aftrede aanskou”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article