Die twee verdagtes by die wit Ford Bantam-bakkie wat Vrydagoggend gesteel is.


Twee vermeende voertuigdiewe het nie baie ver gekom nadat hulle Vrydagoggend glo ’n bakkie in Vredenburg gesteel het nie.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het twee mans Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die diefstal van ’n wit Ford Bantam-bakkie.

Helfrich sê die Weskus se landelike blitspatrollie was op 22 April besig om die R27 te patrolleer toe beamptes ’n verdagte wit bakkie langs die pad naby die Vredenburg-afdraai sien staan het. Die beamptes het ondersoek ingestel en gou vasgestel dat die voertuig net minute terug by ’n perseel in Kootjieskloofstraat in Louwville gesteel is. Die twee insittendes is gevra om uit te klim en is op die plek in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article