Geniet heerlike wyn en seekos by die Skink Swartland-geselligheid.


Kom kuier saam met die wynprodusente van die Swartland in die hartjie van die Bokkom-republiek aan die oewer van die Bergrivier.

Die Skink Swartland-geselligheid word Saterdag 7 Mei van 11:00 tot 17:00 by die Laaiplek-hotel in Velddrif aangebied. Lekker seekos sal saam met van die Swartland-wynstreek se beste wyne bedien word.

Die plaaslike Weskus-inwoner en musikant Louis van Lill verskaf die vermaak.

Deelnemende kelders sluit in Org de Rac, Schenkfontein, Pulpit Rock, Swartland-wynkelder, Riebeek Valley Wine Co, Kloovenburg, City on a Hill, Intellego, AA Badenhorst Family Wines, The Sadie Family Wines, Lammershoek, Wightman & Sons, David & Nadia, Hofstraat-kelder en Leeuwenkuil Family Vineyards.Kaartjies sluit in:. ’n Wynglas,. drie etekaartjies wat by die kosstalletjies ingehandig moet word om jou tapas-etes op te eis (twee seekosgeregte en een vleisgereg),. wynproe aangebied deur wynprodusente uit die Swartland-streek, en. musiek in lewende lywe deur die plaaslike musikant Louis van Lill.

Bring jou vriende en kom kuier saam.

Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is vir hierdie geleentheid beskikbaar.

Kaartjies kan aanlyn via Quicket aangekoop word.. Lesers het ’n kans om twee kaartjies te wen deur die volgende vraag te beantwoord: Waar word die Skink Swartland-geselligheid gehou? SMS jou antwoord na 33673 (SMS kos R1,50). Kompetisie sluit Dinsdag 3 Mei om 16:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article