Jurie Hayes Primêr het Saterdag 24 April sy sportdag gehou. Die skool wil baie dankie sê aan al die borge wat die dag moontlik gemaak het, asook aan al die deelnemende skole: St. Andrews, Longacers Privaatskool, HP Williams Primêre Skool, Steenberg’s Cove Primêr, Laerskool Saldanha en Diazville Primêre Skool. Die leerders het aan skaak, netbal en rugby deelgeneem. Bo speel die o.7-netbalspan van Jurie Hayes Primêr teen Longacers Privaatskool. Jurie Hayes Primêr het die wedstryd 2-0 gewen.


Jurie Hayes Primêr hou sportdag

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article