Die Saldanha-dameskring bring Kom ons Klets met Hannes van Wyk en Jill Levenberg, wat die rol van Mymoena in Suidooster speel, na die Weskus. Die geleentheid word Woensdag 25 Mei om 19:00 by Togryersvlei in Jacobsbaai aangebied. Kaartjies kos R150 en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Vir meer inligting kontak Erna by 083 285 2729.




