Werkers is ter viering van Werkersdag bederf.


Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in samewerking met die polisie het hul werkers ter viering van Werkersdag vir die goeie diens wat hulle in die gemeenskap lewer, vereer.

Verskeie sprekers het oor elkeen se take en doel in die gemeenskap en hoe om mekaar se werk te respekteer, gepraat. Die werkers is deur die GPF bederf met ’n geselligheid om dankie te sê vir die hardwerkende mense wat hulle is en dat hulle eendag deur die liewe Vader ook vir hul goeie werk hier op aarde beloon word.

Lede van die GPF, die polisie, onderwys en wetstoepassing, biblioteekpersoneel, gemeenskapontwikkelingsbeamptes asook ’n raadslid van Elandsbaai was deel van die groep.

Die profeet Alvin Cloete het ’n boodskap gebring.

AO Vivianne Mthombeni, hoof van die polisie se ondersteuningsdienste, het die polisie se waardering teenoor werkers betuig en Sophia Maartins, die GPF-voorsitter, het hulle vir hul harde werk bedank.

Wenzel van Neel, ’n raadslid, het ook die werkers vereer en Victoria Swarts, die bibliotekaris, het die werkers vir hul opkoms bedank en hulle verseker dat hulle raakgesien en waardeer word vir die rol wat hulle in die gemeenskap vervul.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article