Coca-Cola Peninsula Beverages het op Jeugdag koeldrank aan Darling se kinders verskaf.


Oral in die streek is Jeugdag op 16 Junie gevier.

Jeugdag-programme, prettige ervarings, kospakkies en bewusmakingsveldtogte was aan die orde van die dag met een doel voor oë – om die dag spesiaal vir die jeug te maak en hul hoop vir die toekoms te gee.

Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het vir Jeugdag geld aan Darling se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bygedra sodat kospakkies aan die jeug van Darling op hierdie spesiale dag verskaf kon word.

Sporttoerusting, wat deur die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur geborg is, is ook in die gees van Jeugdag aan plaaslike skole binne die Darling-gebied oorhandig.

Die Youth Café in Velddrif en die @Home Learning – Year Beyond-tuisleerprogram het aan ’n pretstap deelgeneem vir bewusmaking van die gevare van dwelm- en alkoholmisbruik in die gemeenskap.

Ook is plaaslike leerders wat verder wil gaan studeer aan studie- en loopbaangeleenthede in Saldanha bekendgestel. Hier is ’n paar foto’s.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article