Die daggalaboratorium wat uit ’n motorhuis in Porterville bedryf is en waar meer as 2 000 daggaplante gevind is.Foto:


Vier mans het Dinsdag (28 Junie) in die Porterville-landdroshof verskyn nadat die polisie op ’n daggafabriek in Piet Retiefstraat toegeslaan het.

Dit volg nadat die Porterville-polisie Maandagaand omstreeks 22:20 inligting ontvang het en ’n soektog op die perseel van stapel gestuur is.

By verdere ondersoek het polisiebeamptes op ’n motorhuis afgekom wat in ’n laboratorium omskep is. Hier het hulle op altesaam 2 918 daggaplante afgekom waarop beslag gelê is.

Die totale straatwaarde moet nog vasgestel word.

Die vier mans, onderskeidelik 50, 38, 37 en 34 jaar oud, staan tereg op aanklag van die onwettige kweek van dagga sonder ’n geldige permit. Die ondersoek is oorgegee aan die eenheid teen georganiseerde misdaad in Kaapstad en die moontlikheid bestaan dat nog aanklagte bygevoeg kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article