Bestanddele:

500 g waterblommetjies

30 ml kookblomolie

1 kg skaapskenkels

1 ui, gekap soos dobbelstene

2 knoffelhuisies

15 ml gemaalde koljander

250 ml witwyn

500 ml voorbereide lamsaftreksel

500 g aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 x 410 g blik Rhodes-groenbone (Cross Cut)

Sap en skil van 1 suurlemoen

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak.

METODE:

Week waterblommetjies in koue water en sout vir 30 minute.

Spoel die waterblommetjies deeglik af totdat dit skoon is. Verwyder die harde buitenste dele en gooi weg.

Sit eenkant.

Verhit die olie in ’n swaarbodem-kastrol. Braai die skaapskenkels tot bruin aan die buitekant.

Sit eenkant.

Braai die ui, knoffel en koljander in dieselfde kastrol totdat die uie sag is.

Plaas die vleis terug in die kastrol en voeg die witwyn en die aftreksel by. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte en prut ’n uur lank.

Voeg die waterblommetjies en aartappels by en prut weer totdat die aartappels sag is.

Voeg die Rhodes-groenbone by.

Geur die bredie met die suurlemoensap, suurlemoenskil, sout en peper.

Sit voor met gekookte witrys.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article