Die Salkoriane-meesters Veronica le Roux, Sakkie Mentoor, Willem Fortuin, Welize Burgess, Piet Dokter en Hennie Basson (voor).


’n Medalje van die SA meesterskampioenskap in Gauteng het na die Weskus gereis danksy die prestasies van ’n plaaslike satleet.

Lede van die Salkoriane-atletiekklub het vir die kampioenskap van 5 tot 7 Mei na die Pilditch-stadion in Pretoria gereis.

Drie weke ná die Suid-Afrikaanse meesterskampioenskap kan die klublid Hennie Basson nou met sy silwer kampioenskap-medalje spog. Basson was tweede in die verspring-item.

Basson het nie die oorhandigingseremonie bygewoon nie en eers later besef hy het sonder sy medalje huis toe gekeer.

Sy mede-klublede het onlangs bymekaargekom om die medalje amptelik te oorhandig en ’n foto van die geleentheid te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article