As deel van Mandeladagvieringe hou Sisonke, 2Care en Huis Natachia ’n kosinsameling.
Die insiatief vind plaas op Maandag 18 Julie by die Sisonke Protective Workshop by Heuningklipstraat 2, Vredenburg, van 08:00 tot 16:00.
Die hulp van die gemeenskap word gevra deur donasies te maak van nie-bederfbare voedsel, klere en meer wat aan dié in nood geskenk sal word. Vir meer inligting skakel 022 713 4043 of stuur ’n e-posboodskap na sisonkepw@gmail.com



