Die jeugdiges in die vertoning Rosaline.Foto:


Die jeug van Riebeek-Wes het die gemeenskap met hul eerste vertoning genaamd Roseline beïndruk.

Die produksie is geskryf deur Jurgen McEwan en is op Vrydag 24 Junie opgevoer.

Met net 11 dae se voorbereiding het die jeug tussen die ouderdomme van 14 en 24 jaar alles ingesit om die produksie op te voer. Chantal Booyse, die produksiebestuurder, sê sy is baie trots op hulle weens die toewyding en harde werk wat hulle ingesit het.

Omtrent 200 mense het die vertoning bygewoon met Abduragman Adams wat die karakters in die produksie afgerond en ook die beoordeling saam met Booyse en Mark Graham Wilson, eienaar van For Life Centre, behartig het.

Booyse sê die aand was ’n reusesukses en mense het dit geniet.

Sy het almal bedank wat tot die sukses van die vertoning bygedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article