Twee spelers van die Vredenburg-tennisklub (VTC) is onlangs vir die Wes-Kaapse interprovinsiale span gekies. Brian Barnard en Karin Viljoen sal die Wes-Kaap by die jaarlikse interprovinsiale tennistoernooi vir seniors 50 en ouer verteenwoordig. Die toernooi word tussen 15 en 28 Augustus in Benoni beslis. Barnard hoop om sy segetog voort te sit. Hy het verlede jaar die goue medalje in die mansafdeling 50+ gewen. Hy het ook in Mei vanjaar die Oos-Kaapse toernooi vir seniors in sy ouderdomsgroep gewen.


Seniors wil segetog voortsit

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article