Die Hopefield NG kerk spog uiteindelik met ’n nuwe dak.


Die Hopefield-kerk kan nou met sy nuwe dak spog.

Die herstelwerk het Dinsdag 29 Maart begin en is teen Vrydag 22 Julie voltooi.

Soos berig in die Weslander van 14 April, (“Kerk kry nuwe dak”), het die kerk meer as 10 jaar gelede begin met geldinsamelings­projekte om die kostes te kan dek.

Izak Rust, voorsitter van die eiendomskommissie, het vroeër aan Weslander gesê die kerk is ouer as 100 jaar en die herstelwerk is baie goeie nuus vir hulle.

Rust is baie gelukkig met die eindresultaat en vertel dat dit baie mooi lyk.

Hy wil graag die gemeenskap, sakeondernemings en diegene van wyd en syd bedank vir hul bydraes en ondersteuning wat die herstelwerk moontlik gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article