Skryf nou in vir die tweede Weskus-talentkompetisie in Oktober.


Die Weskus-talentkompetisie vind vanjaar vir ’n tweede keer plaas. Of jy nou sing, dans, ’n komediant is of enige ander talent het wat jy wil wys, bied hierdie kompetisie vir jou net die geleentheid daarvoor.

Die kompetisie is die idee van die Langebaanse inwoner Natasha Jantjies, die stigter van Inspiration, ’n organisasie sonder winsbejag. Dit word in samewerking met die Langebaan-atletiekklub aangebied.

Sy sê die kompetisie is deel van ’n liefdadigheidsgeleentheid, waar mense terselfdertyd die geleentheid het om hul talentvolle gawes bloot te stel. “Mense kry nie genoeg die geleentheid om te wys wat hulle kan doen nie, en dis juis wat die doel van hierdie kompetisie is. Dit gee ook die gemeenskap ’n geleentheid om die dag saam met familie en vriende te geniet,” vertel Jantjies.

Die Weskus-talentkompetisie bestaan uit twee afdelings vir mense 17 jaar en jonger asook 18 jaar en ouer. Deelnemers kan as ’n groep of individueel deelneem, en groot pryse is op die spel.

Die kompetisie word Saterdag 1 Oktober om 10:00 by Langebaan Primêre Skool aangebied.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Vir meer inligting kontak Jantjies by 076 582 5959.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article