Die Salkoriane-atletiekklub is een van die plaaslike klubs wat onlangs by die Weskus-sporttoekennings uitgeblink het. Die klub se genomineerde atlete was almal naaswenners in hul onderskeie kategorieë: Sakkie Mentoor is in die sportgemeenskapsbouer van die jaar genomineer, Piet Dokter was die naaswenner as nuweling van die afgelope jaar, Divan Kotze is in die afdeling vir gestremdes as sportman van die jaar vereer, Phillip Jacobs is vir die afdeling “erkenning van tegniese uitnemendheid” benoem, en Jennifer Murray was as die vrywilliger van die jaar genomineer.


Salkoriane-atletiekklub blink uit

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article