Die Elandsbaai-polisie in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs ’n Vrouedag-viering by die plaaslike biblioteek gehou. Die doel van die dag was om die vroue weer te laat voel soos ’n vrou en te laat besef hoe belangrik hulle is. Daar was gesprekke oor misdaad in die dorp. Die gasspreker het aan die onderwerp van gesinsgeweld geraak en die vroue meer daaroor ingelig. Daar is ook gepraat oor die belangrikheid van bejaardes en hoe mense na hulle kan omsien. Die vroue is ook gepamperlang en het ’n lekkerny ontvang.


Vroue voel weer soos vrou ná vieringe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article