As deel van Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) se Vrouemaand-veldtog is die vroue by alle kantore versoek om met innoverende en unieke “handsakke” te kom werk. Die vroue was baie kreatief. Die onderburgemeester, Sandra Crafford, en raadslid Maranda Schrader het die beoordeling gedoen en die wenners sal aan die einde van Vrouemaand bekend gemaak word. Op die foto is die vroue van WDM se hoofkantoor met hul “handsakke”.


Vroue kom met kreatiewe handsakke werk toe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article