Dit is ’n maand na die verdwyning van Gino Dira (25). Die Saldanhabaai-inwoner word sedert Vrydag 29 Julie vermis nadat hy die huis verlaat het om te gaan stap. Alhoewel Gino se insteekplakkies vroeër in Augustus op die strand naby die rotse by die Tabakbaai-vakansieoord gevind is, het sy pa, Samuel Dira, steeds ’n positiewe gesindheid en is hoopvol dat sy seun lewe. Samuel voel ook die saak sloer. “Daar is nie ’n lyk nie, wat beteken hy lewe,” het hy vertel. Al wat Samuel op die ou einde wil hê, is sy seun se veilige terugkeer huis toe, het hy aan Weslander gesê. Volgens die polisie gaan die ondersoek nog voort. Enigiemand met verdere inligting rakende Gino kan die Saldanha-polisiekantoor by 022 714 8333 skakel.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article