Om die Weskus en sy skool te verteenwoordig by die Eskom Internasionale Ekspo vir Jong Wetenskaplikes is ’n groot eer vir Thiedu du Preez.
Die graad 9-leerder aan Hoërskool Vredenburg het aan Weslander vertel dat dit vir hom ’n groot voorreg is om sy dorp en sy skool se naam hoog te hou by die geleentheid.
Om homself voor te berei sê du Preez hy gaan hard werk en leer. Met die hulp van ekspo-onderwysers is hy positief dat hy sy beste sal gee. Hy wou nog altyd ’n wetenskaplike geword het. Die werk gee hom die kans om elke dag navorsing te doen en nuwe inligting te kry.
“Ek wil graag spesiaal dankie sê aan die Eskom Ekspo asook my skool en die onderwysers wat ons daagliks motiveer.”
Hoërskool Vredenburg is baie trots op Du Preez en sy prestasie.
Die ekspo vind van Dinsdag 6 tot Donderdag 8 Desember in Boksburg plaas.




