Doen aansoek vir ’n loopbaan in die polisiediens teen 27 September. Foto:


Die Weskus-polisiedistrik sê hy is opsoek na jong wit en Indiër mense om by die polisiediens aan te sluit.

Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die polisiedistrik, sê onderverteenwoordigde rassegroepe, spesifiek wit en Indiër mense wat daarin belangstel om ’n loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te volg, word aangemoedig om voor 27 September by hul plaaslike polisiestasie aansoek te doen.

Alhoewel alle rassegroepe welkom is om aansoek te doen, is dit nodig dat die polisie sy diensbillikheidsteikens haal.

Die 25 polisiestasies van die Weskus-distrik sluit in Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Hopefield, St Helenabaai, Laaiplek, Malmesbury, Piketberg, Porterville, Moorreesburg, Darling, Eendekuil, Riebeek-Wes, Redelinghuys, Vredendal, Clanwilliam, Citrusdal, Nuwerus, Lambertsbaai, Lutzville, Elandsbaai, Vanrhynsdorp, Klawer, Graafwater en Doringbaai.

Jongmense van hierdie dorpe wat Suid-Afrikaanse burgers is, tussen die ouderdom van 18 en 30 is, Engels-magtig is en ten minste een ander Suid-Afrikaanse taal kan praat, wat fiks is en matriek geslaag het, is welkom om hul plaaslike polisiestasie te besoek om ’n aansoekvorm voor 27 September in te vul.

Intreevlak-polisieleerlinge ontvang vergoeding van R4 500 per maand terwyl hulle die opleidingfase ondergaan.

“Die polisiediens bied baie wonderlike geleenthede aan jongmense wat gretig is om ’n verskil in hul gemeenskap te maak,” het Helfrich gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article