Dave Mandel in die Aero L-39 Albatros.Foto’s: Yaël Malgas


Die Saldanha-lughawe was ’n miernes van aktiwiteite met duisende wat die Saldanha-lugskou die afgelope naweek (1 Oktober) bygewoon het.

Die lugskou – die eerste in drie jaar – is deur dr. Clive Coetzee aangebied.

Die bekende lugskou-kommentator Brian Emmenis en die span van Capital Sounds was byderhand om die vliegtuie en vlieëniers bekend te stel.

Die eerste aksie van die dag was die span van Mother City Skydiving, wat die Weskus-windjie tot op die vliegveld gevolg het. Mic Sweeney, JeanJacques Wallis en Steve Norris het uit ’n vliegtuig gespring en almal het veilig en onder groot toejuiging van die skare in Saldanha geland.

Lugvaart-entoesiaste van wyd en syd het die lugskou bygewoon en die vlieëniers soos Dave Mandel in die Aero L-39 Albatros se Top Gun-toertjies geniet. Derek Lord was in beheer van die Bosbok, en ten spyte van ’n vinnige kuipebesoek om een van die vliegtuig se deure toe te druk, het Lord die skare betower.

Benewens al die vliegtuie het kunsvlieg-vlieëniers met modelvliegtuie toertjies uitgevoer.

“Volgende jaar mik ons vir ’n groter en beter skou en om nog meer mense na ons pragtige Weskus te lok,” het Coetzee gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article