Hyundai Vredenburg was die groot wenners van die dag.Foto:


Gholfspelers het onlangs ’n dag by Langebaan Country Estate vir ’n goeie doel geniet.

Donderdag (22 September) is die Ebersohns Prokureurs-gholfdag gehou. Alle geld wat op die dag geïn is, word verdeel tussen die Langebaan-buurtwag en Die Eiland-tehuis vir gestremde kinders in St. Helenabaai. Volgens die spelers was die dag hope pret en die ondernemings van die Weskus het soos gewoonlik nie geskroom om hul deel te doen nie.

Die wenner was Charl Odendaal van Hyundai Vreden­burg met Hendri Greyling van Paardeberg Isuzu tweede. Andrew Cassisa, Kokomos se Grant Pearce en Jaco Jooste van Seeff Weskus was die res van die top-vyf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article