Die meesterstapper Douglas Hector is op pad na Mpumalanga en het die gemeenskap se ondersteuning nodig. Dié lid van die Langebaan Strandlopers-atletiekklub sal op 29 Oktober aan die nasionale meesterstoernooi deelneem. Hy het onlangs aan die provinsie se eerste liga-atletiekbyeenkoms, wat op Dal Josafat in die Paarl plaasgevind het, deelgeneem. Hy meen dié byeenkoms was goeie voorbereiding vir die meesterstoernooi. Lesers wat hom kan ondersteun met ’n skenking vir sy deelname in Mpumalanga kan hom by 072 383 0519 skakel.


Hector stap dat rekords spat

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article