Bo staan Natasha Jantjies (links) saam met die top-drie-wenners in die afdeling 17 jaar en jonger.


Die jaarlikse Weskus-talentkompetisie het vanjaar weer talle deelnemers gelok.

Die kompetisie het Saterdag 1 Oktober by Langebaan Primêre Skool plaasgevind. Natasha Jantjies, stigter van Inspiration, ’n organisasie sonder winsbejag en organiseerder van die kompetisie, sê die jaar het definitief meer mense dit bygewoon en daaraan deelgeneem.

“Wat vir my uitgestaan het, is die boodskap wat die deelnemers oorgedra het deur sang, dans en rymklets,” vertel Jantjies.

Die kompetisie is die idee van Jantjies. Sy meen mense kry nie genoeg die geleentheid om hul talente ten toon te stel nie. “Die kompetisie gee ook die gemeenskap die geleentheid om die dag saam met vriende en familie te geniet.” Die kompetisie het uit twee afdelings bestaan, die vir 17 jaar en jonger en ook die vir 18 jaar en ouer.

In die afdeling 17 jaar en jonger het Amahle Shumani en Usipgile Mdingi die derde plek behaal vir hul Amapiano-dans en Cameron en Gabriela Jarvis het tweede plek behaal vir hul Latynse baldans-item. Die algehele wenners was die dansgroep Move Makers wat eerste plek ingeneem het.

In die afdeling 18 jaar en ouer het die danser John Reid die eerste plek behaal, die rymkletser Micheal Palmer het tweede plek behaal en die rymkletser Cole Prince derde plek.

Jantjies wil graag die volgende mense bedank: Stiaan Viljoen, Kalima Group, Saldanhabaai-munisipaliteit, Pearly’s- seekosrestaurant, Windtown, Bubbles, Langebaan Primêre Skool, Mystical Flowers, Steers, Sunny Park, Langebaan Stars-gimnastiekklub, Lee Swartz, Danielle Barends, Daphne van der Westuizen, Petra Mei, Boeta Jules, Krisello’s Haarsalon, Kwaai Products en die beoordelaars.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article