Die Steenberg’s Cove-rugbyklub het die afgelope naweek teen Red Roses tydens die gemeenskapsklid-top-18-kompetisie kragte gemeet. Douglas Dick, Leithon Kanow en Anwar Faro het in die eerste helfte punte aangeteken om die telling op 15-10 te staan te bring. Garth Chirwa het ’n drie in die tweede helfte gedruk en Rodwill Magerman het ’n strafskop aangeteken. Die manne van die Cove het uiteindelik 23-15 gewen. Die oorwinning is veral besonders aangesien dit die span se eerste jaar in die liga is en hulle nog nie een wedstryd verloor het nie. Foto: Noluvu Ludidi


Steenberg’s Cove laat Red Roses verlep

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article