Nico en Lené Smith, bestuurders van Avbob Vredenburg kantoor, oorhanding ’n skenkbewys aan Monray Jacobs.Foto:


Die Evangelie Gemeente Kerk het op 12 November ’n maskerbal-aand gehou om geld vir die boufonds van die kerk in te samel.

Die kerkraad en gemeente het almal bedank wat ’n bydrae tot die insameling gelewer het. Dankie aan elke organisasie vir die skenkings wat hulle kon bied om ons aand ’n sukses te maak. ’n Groot dank ook aan Avbob Vredenburg, Louwville Supermark, GOC Express en Tredos Shop van Vredenburg, wat skenkings gegee het.

Aan almal wat deel was van die aand – baie dankie vir die ondersteuning. Mag die seën van die Here op julle rus.


Evangelie Gemeente Kerk,

Vredenburg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article