Die polisie tel die skaars plantjies wat in ’n voertuig in Porterville ontdek is.Foto:


Op Vrydag 18 November om ongeveer 09:30 het ’n verkeersbeampte ’n voertuig in Voortrekkerstraat, Porterville afgetrek.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskusdistrik is die polisie se bystand ingeroep toe die beampte op ’n vonds van duisende skaars plantjies in die voertuig afkom.

Helfrich sê die plantjies is geïdentifiseer as die Canophytum-plant en die polisie het op omtrent 5000 van die plantjies beslag gelê.

Dié bedreigde plantspesie se waarde is meer as R2 000 000. Die twee verdagtes – van Mitchells Plain Manenberg het Maandag 21 November in die Porterville-landdroshof verskyn.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) is 1,5 miljoen inheemse plante – veral bedreigde dwergvetplante – die afgelope drie jaar in Suid-Afrika vir onwettige handel uit die natuur verwyder.

Volgens Sanbi neem die aantal plante waarop die polisie beslag lê jaarliks ??met meer as 250% toe.

Net omtrent ’n kwart van die onwettige plante wat deur sindikate gestroop word, word deur die polisie onderskep.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article