Petra Mei het danksy die suksesse van haar vroueoggend-geleenthede besluit om haar eerste ma-en-dogter-oggend aan te bied.
Die geleentheid is Saterdag 12 November by die Seebries-saal in Langebaan aangebied. Omtrent 84 vroue het die dag bygewoon.
Ses verskillende sprekers het oor doeltreffende kommunikasie, geestesgesondheid, trauma, geslagsgebaseerde geweld, selfsorg, vergifnis, versoening en genesing asook ’n sterk, oop en eerlike verhouding tussen ma en dogter gepraat.
Die hoofgasspreker vir die dag was die modeontwerper Balini Naidoo-Engelbrecht.
Volgens Mei was dit ’n groot sukses en sy beplan binnekort ’n ma-en-seun-dag ook. Talle pret-pryse is uitgedeel om die dag nog prettiger te maak. Hanna en Ashlyn Ox was die wenners van die “mommy and me”-sonsondergang-fotosessie. Chrizandra en Kiara Papier is vir die beste kleredrag uitgewys en Anneline en Mia Rodgers is as die “coolste” aangewys. Sulene Smith en haar drie pleegdogters, Faith en Hope Berling asook Deniah McDonald, is as die “snaaksste” aangewys.
Mei het Be Dazzled, Langebaan Spar, Coca-Cola, Marichen Mostert-Schoeman en Danielle Barends en alle ander borge vir hul bydraes bedank.





