Die vermaaklikheidster Emo Adams het die gehoor behoorlik aan sy lippe laat hang by sy vertoning by Die Koelkamers Vrydag 25 en Saterdag 26 November. Al die kaartjies is op die eerste aand uitverkoop en Saterdag het omtrent 80 mense die konsert bygewoon. Volgens Jan Malan, die eienaar van Die Koelkamers, was al twee vertonings fantasties. Emo het ’n verskeidenheid bekende liedjies gesing en grappe vertel. Saam met hom was lede van die Take Note-band, die kitaarspeler Sean de Vries, Shaun Francke op baskitaar en Lance Rhoda op die tromme. “Wat my bybly, is hoe veelsydig Emo is. Hy is nie net snaaks nie, maar sy musiek is uit die boonste rakke, en dan ken hy nog moves ook,” vertel Malan. Adams hoop om Die Koelkamers gou weer te besoek. Foto: Noluvu Ludidi


Emo maak Die Koelkamers vuurwarm

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article