Net betyds vir die ideale somervakansie – die 2022- Langebaan Summer Festival is uiteindelik om die draai.
Die´ buitelug musiekfees, wat deur SA Concerts aangebied word, belowe om enige en elke gehoor te vermaak met inhoud van Suid-Afrika se gunstelingkunstenaars.
Ná twee lang jare van onsekerheid ná die Covid-19-pandemie en die hunkering na feeste met musiekkunstenaars in lewende lywe is hierdie fees trots om uiteindelik sy buiging te maak en die dors te les van gehore wat op soek was – en steeds is – na ’n verskoning om hulle weer in musiek van die verhoog af te verdrink.
Die inisiatief agter die´ fees is om behoorlike vermaak aan Weskus-vakansiegangers in die Desember-vakansie te voorsien. Mense by die fees kan uitsien na optredes van geliefde kunstenaars soos Early B, Droom Sindroom, Jo Black, Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Jack Parow, Nadine, Emo Adams en Neon Dreams.
Feesgangers kan ook uitsien na ’n verskeidenheid heerlike kos by kosstalletjies.
Die fees word van Maandag 26 tot Saterdag 31 Desember by Curro Langebaan gehou. Kaartjies kos R99 per dag en is beskikbaar op SA Concerts se webtuiste by https://saconcerts.howler.co.za/events/langebaan-summer-festival-2022-5b5f/tickets.
Kontak Jan-Harm Steenkamp by janharm@saconcerts.co.za vir inligting.. Twee lesers staan ’n kans om elk dubbelkaartjies te wen. Antwoord die volgende vraag: Wie is een van die kunstenaars wat by die Langebaan Summer Festival gaan optree. Stuur jou antwoord na 082 576 0453 teen Vrydag 9 Desember om 12:00.




