Die aanbreek van die skoolvakansie is uiteindelik hier. Dit beteken natuurlik ’n welverdiende ruskans vir alle leerders.
Met die jaar aan sy einde, deel hoofleiers en leerlingraadleiers van verskeie skole in die Weskus ’n boodskap van hoop en voorspoed en wens sterkte toe aan leerders en leiers vir 2023. Hulle kyk ook terug na 2022 en alles wat hul deurgemaak het tot waar hulle vandag is.




