Hierdie Pesto-hoender met groente is uitstekend vir ’n maaltyd, maar werk ook goed vir die kosblik.
Bestanddele
Vir vier porsies:
2 eetlepels olyfolie
4 ontbeende hoenderdye sonder die vel, in skywe gesny
sout na smaak
peper na smaak
455 g groenbone
2 koppies/ 400 g kersietamaties, in die helfte gesny
½ koppie/ 115 g basiliekruid (pesto)
Metode
Verhit olyfolie in ’n groot pan en voeg hoenderdye by.
Geur met sout en peper. Wanneer die hoender heeltemal gaar is, haal uit pan.
Sny in repies en hou eenkant.
Voeg groenbone by en kook tot sag, maar bros.
Plaas die hoenderrepies terug in die pan, voeg dan tamaties en pesto by. Roer tot heeltemal ingewerk.
Sit dadelik voor of verdeel in vier houers en bêre in die yskas.
Kan vir tot vier dae in die yskas gehou word.





