Bestanddele
2 uie fyn gekap
3 knoffelhuisies
2 stokkies seldery
3 vars tiemietakkies
2 repies spekvleis opgekap
sout en varsgemaalde swartpeper
8 hoenderstukkies
¾ koppie droë witwyn
2 koppies hoenderaftreksel
2 wortels, gekap
1 blik botterboontjies
100 g sampioene
10 g vars pietersielie
olyfolie
Metode
Verhit olyfolie in ’n kastrol en braai uie, knoffel, seldery, tiemie en spek tot sag en effens goudbruin.
Geur hoenderstukke met sout en peper, voeg in die kastrol en verbruin. Voeg wyn by en krap enige stukkies aan die bodem van die pan af. Voeg aftreksel by en bring tot kookpunt.
Verlaag dan hitte, voeg wortels en boontjies by en prut vir sowat 45 minute of tot hoender gaar en sag is.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n aparte pan en soteer sampioene tot sag en tot enige vloeistof van die sampioene verdamp het. Geur met sout en peper en voeg by kasserol.
Verwyder kasserol van hitte en garneer met vars gekapte pietersielie.
Sit voor en geniet.





