Die Krewe het Saterdag teen Paarl-Oos in hul Boland-premierligawedstryd in Vredenburg geseëvier. Die Saldanha/Vredenburg-span het die besoekers met drie paaltjies geklop. Paarl-Oos het eerste gaan kolf en 178 lopies aangeteken. Fenito Mehl van Paarl het ’n 50-tal aangeteken (54*) terwyl Tommie Kannemeyer (35*) die plaaslike span se uitblinkkolwer was. Dit was egter die boulers wat met die bal in die hand uitgeblink het. Hier trek Riaan Smit sy tweede agtereenvolgende paaltjie plat en Paarl is teruggestuur na die kleedkamer.Foto: Yaël Malgas


Krewe boul en kolf Paarl-Oos stukkend

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article