Die Piketberg-polisie het beslag gelê op ’n groot hoeveelheid onwettige drank wat in die besit van ’n vrou (41) gevind is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is die vrou Sondagoggend 18 Januarie op ’n klag van onwettige handel in alkohol in hegtenis geneem.





