In die berig “VLV, minister plant bome” wat in verlede week se Weslander verskyn het, is verkeerdelik berig dat die geleentheid deur die plaaslike Vroue-landbouvereniging (VLV) gereël is. Dit is deur die VLVK (Kaapland) gereël. Daar is ook na Estelle du Plessis verwys as die Weskus-kringpresident van die VLV. Sy is inderwaarheid die VLVK-president. Die geleentheid was ’n inisiatief van die VLVK-president om die VLVK-projek vir 2023 “Bome vir ons Kinders” te ondersteun. Die 100 bome wat deur die minister geskenk is, is nie uitsluitlik vir dié inisiatief geskenk nie. Dit is voor die kongres in 2022 geskenk waaruit die keuse van ’n projek ontstaan het, het du Plessis intussen verduidelik. Weslandervra om verskoning vir die foute. Hier staan Petrie Oettle, ds. Christo du Plessis, Edmund Barkhuizen (Longacres-skoolhoof), hoofleiers Liam Koopman en Bronwyn Jordaan, die minister van landbou dr. Ivan Meyer, en Estelle du Plessis.


Boomplantery: hier is die feite

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article