Die Brothers Reach Out-groep (BRO) het verlede Donderdag (26 Januarie) ’n skenkingsinisiatief begin. Volgens die groep het die gemeenskap van Vredenburg en so ver as Langebaan hul stoorkamers oopgemaak en vryelik geskenk. Skenkings soos boeke, speelgoed en ander goed is aan Bumble Bee-dagsorg in Vredenburg oorhandig. Die groep het almal vir hul skenkings bedank. Links staan Michaela Cloete (BRO-lid), juffrou Alistine Ntombela, Lescha Louw (skoolhoof) en Thomas Lotz (stigter van die BRO) by van die leerders.


BRO maak harte oop

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article