’n Vroulike toeris wat haar rug beseer het, is in ’n Skymed-helikopter na die hospitaal vervoer.


’n Buitelandse toeris het Donderdag (9 Februarie) ’n rugbesering opgedoen toe sy glo beheer oor haar valskermswewer verloor en teen ’n duin tussen Saldanha en Langebaan neergestort het.

Volgens Elowayne Gouws van West Coast Medical Rescue het hulle op berigte van ’n valkskermsweefongeluk in die omgewing reageer en die Metro EMS-reddingsdiens se hulp is ook ontbied.

Met die medici se aankoms op die toneel is die vroulike pasiënt, glo ’n toeris uit Europa, medies gestabiliseer.

Gouws het bevestig paramedici het bepaal die vrou het haar rug in die ongeluk beseer.

Weens die aard van die besering is besluit om die pasiënt per helikopter na die hospitaal te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article