’n Man (33) is met drie sakke vermoedelik gesteelde goedere vasgetrek nadat beamptes van die Elandsbaai-polisie op ’n klagte van inbraak gereageer het.
Sers. Gert Titus van die Elandsbaai-polisie sê toe die polisie op Dinsdag 7 Februarie by die toneel aankom, het hulle gevind dat ’n deur oopgebreek is.
’n Gasbottel, Nutribullet-menger, wifi-versender en laaiers is gesteel.
“Later is ’n 33-jarige man met drie sakke by hom met die gesteelde goedere gekry. Die man is in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal en die besit van gesteelde goedere. Die eienaar was baie bly vir die flink diens en goeie werk wat deur die beamptes gedoen is,” voeg hy by.
. In geval van nood, kontak die Elandsbaai-polisie by 022 972 8000.





